Gereelde Vrae en Antwoorde (FAQ)
FAQs
Kry antwoorde op algemene vrae oor SEADedu
Hier vind jy antwoorde op die mees algemene vrae oor SEADedu. Indien jy nie die inligting kry wat jy soek nie, kontak ons gerus vir verdere navrae.
Ja, en beter. SEADedu volg die CAPS-kurrikulum en bied volledig gestruktureerde klasse deur gekwalifiseerde onderwysers. Jou kind kry individuele aandag, ‘n vaste rooster en volledige assesserings – net soos ‘n gewone skool, maar sonder die groot klaskamer afleidings.
Glad nie. SEADedu bied regte klaskamer-interaksie – net aanlyn. Jou kind werk saam met klasmaats, neem deel aan groepsaktiwiteite en bou vriendskappe soos in ‘n gewone skool. Boonop het tuisonderrigkinders meer tyd vir sport, klubs en buitemuurse aktiwiteite.
Ons doen dit vir jou. SEADedu bied ‘n vaste skoolrooster met regte klaskamerstruktuur en lewendige onderrig. Geen ekstra beplanning of bekommernisse van jou kant af nie – ons onderwysers hanteer alles, soos ‘n gewone skool.
Ons hou hulle op koers. SEADedu se vaste rooster, gestruktureerde klasse en assesserings bou dissipline en fokus. Ons hou individuele vordering dop, sodat jy geen stres hoef te hê oor selfdissipline nie – ons maak seker jou kind bly gemotiveerd en op koers.
Absoluut. SEADedu leerders volg die CAPS-kurrikulum, wat 100% aanvaar word by Suid-Afrikaanse universiteite. Baie universiteite verkies selfs tuisskolers, want hulle het selfdissipline en onafhanklike leervermoëns – ‘n groot voordeel vir verdere studies.
Dit is ‘n volhoubare, langtermyn oplossing. SEADedu bied ‘n volledige akademiese pad van Graad 1 tot Graad 9, met ‘n gestruktureerde kurrikulum en sterk akademiese ondersteuning. Baie ouers sien dit as ‘n permanente en suksesvolle alternatief vir hoofstroomskole.
Meer as net waarde – jy kry regte onderwys vir minder. SEADedu gee jou kind gehalte onderrig, individuele aandag, ‘n gestruktureerde skoolervaring, en akademiese sukses – teen ‘n fraksie van ‘n privaat skool se koste. Jy betaal vir werklike akademiese vooruitgang, sonder al die addisionele koste van tradisionele skole. Vind meer yt hier
SEADedu is ‘n skool wat slegs aanlyn is, wat kwaliteit onderwys aan kinders bied in ‘n gestruktureerde en interaktiewe aanlyn omgewing. Maar ons onderwysers en kantore is gelee in Hennopspark, Centurion, Suid Afrika, 0171
Studente neem deel aan regstreekse (LIVE) aanlyn klasse met gekwalifiseerde onderwysers en het toegang tot interaktiewe leermateriaal.
‘n Rekenaar, stabiele internetverbinding, oorfone en/of luidsprekers, drukker, skandeerder, basiese skoolbenodigdhede soos skryfbehoeftes en tekenmateriaal, aangesien sommige take gefokus is op skryf en teken.
Assesserings en toetse word aanlyn voltooi en streng gemonitor om akademiese standaarde te handhaaf.
Ja, ons het deurlopende inskrywings, maar dit is beter om so gou moontlik te registreer om agterstande te voorkom.

