Oor SEADedu
Bemagtig kinders deur kwaliteit aanlyn onderwys
SEADedu bied gestruktureerde, interaktiewe aanlyn onderrig – tuisonderwys, eenvoudig en doeltreffend!
By SEADedu glo ons dat elke kind die reg het op kwaliteit onderrig – gestruktureerd, interaktief en toeganklik, waar hulle ook al is. Ons bied ‘n unieke aanlyn skoolervaring waar leerders in die gemak en veiligheid van hul eie huis toegang het tot gestruktureerde, lewendige en interaktiewe klasse, net soos in ‘n tradisionele skoolopset.
Om gestruktureerde, kwaliteit onderrig aan elke kind te bied in ‘n Christelike omgewing.
Ons is daartoe verbind om leerders nie net akademies te ontwikkel nie, maar ook as volwaardige individue wat hul volle potensiaal kan bereik. Deur ‘n gestruktureerde leeromgewing te skep, help ons kinders om voor te berei vir hulle toekoms – of dit universiteit, kollege of die werksplek is. Ons doen dit alles met ‘n Christelike grondslag, wat ons leerders toerus met waardes soos selfstandigheid, verantwoordelikheid en doelgerigtheid.

95%
Studente studeer vinniger
99.9%
Studente slaag
Wat Maak SEADedu Uniek?
✅ Gestruktureerde Aanlyn Skoolmodel – Ons klasse volg ‘n vaste rooster met spesialis-onderwysers wat vak-vir-vak, periode-vir-periode onderrig gee.
✅ Interaktiewe Leer – Leerders neem aktief deel aan lesse deur lewendige klasbesprekings en opdragte.
✅ Volledige Akademiese Ondersteuning – Ons voorsien leerstof, verduidelik dit aanlyn, assesseer en dokumenteer dit volgens onderwyswetgewing.
✅ ‘In die skool, maar nie by die skool nie’ – Volledige skoolervaring sonder die uitdagings van groot klasse of afleidings. Plain what you do for your audience.
Ons Visie
SEADedu streef daarna om ‘n erkende leier in aanlyn onderwys te wees, waar ons hoë gehalte onderrig, gestruktureerde leer en ‘n ondersteunende gemeenskap bied. Ons wil nie net ‘n alternatief vir tradisionele skole wees nie, maar ook ‘n vooraanstaande oplossing vir tuisskoolonderrig wat kinders help om akademies en persoonlik te groei.
Vriendelike Onderwysspan
Leer die gesigte agter SEADedu ken
Ons span is hier om jou elke stap van die pad te ondersteun.




Wat Ons Kliente Sê
⭐️⭐️⭐️⭐️⭐️
Uitstekende onderwys en ondersteuning!
“SEADedu het my kind gehelp om weer selfvertroue in sy skoolwerk te kry. Die daaglikse aktiewieteite, programme en klasse maak ‘n groot verskil. Die onderwysers is ondersteunend en professioneel. Ek kan dit regtig aanbeveel!”
— Mariska V.
⭐️⭐️⭐️⭐️⭐️
Perfek vir tuisonderrig!
“My dogter het gesukkel in ‘n tradisionele skoolomgewing, maar met SEADedu kry sy nou goeie gehalte-onderrig in ‘n veilige aanlyn omgewing. Die klein klasgroepe help baie en sy geniet die lesse regtig.”
— Johan B.
⭐️⭐️⭐️⭐️⭐️
Baie gerieflik en professioneel
“Ons was onseker oor aanlyn skool, maar ons verwagtinge is oortref! Die program is goed gestruktureer, die ondersteuning is fantasties en my seun pas baie beter aan as in sy vorige skool. Beste van als is dit is net soos n gewone skool maar volg die “CAPS“ kurrikulum. Baie dankie SEAD EDU vir die wonderlike opsie!”
— Elmarie K.

